Posts

Dag 121 - Geen vrylating...

Image
Sonia kry ’n baie ontstellende brief van haar pa af. Almal het verwag dat die vroue Saterdag vrygelaat sou word. Almal het in Zamboanga gewag. Ons word egter meer ontstel deur die volgende nuus: ’n Engelssprekende rebel kom by die kamp ingehardloop met die nuus dat die Abu Sayyaf elf Taiwanese vissermanne gevang het. Die weermag het gewaarsku dat hulle die rebelle gaan aanval as die onderhandelings nie tot ’n punt kom nie. Ons glo dat hulle dit sal doen.  Hy sê ook dat die Libiërs dreig om uit die onderhandelings te onttrek. Ons weet nie wat aangaan nie, maar dinge lyk weer sleg vir ons.  Ek en Callie besluit om op ’n eetstaking te gaan. Ons het genoeg gehad.* PSALM 121:1-2 Ek kyk op na die berge: Waarvandaan sal my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. *Die Libiese onderhandelaars ontdek dat die vrylating gestop is deur ’n brief van Kommandeur Robot waarin hy sê dat hy die gyselaars aan Aventejado sal oorhandig,...

MESSAGE FROM MONIQUE - FIGHT FLIGHT OR FREEZE

Image

Dag 119 - Die opdrag

Image
Eergister het ons iets op die radio gehoor wat ons almal baie opgewonde gemaak het. Die probleem is dat dit in hulle taal was, so ons het nie alles verstaan nie, maar ons het wel ’n paar woorde gehoor wat belowend geklink het. “Sipadan-gyselaars. Kolonel Gadaffi. Manila. Tripoli,” alles in een sin. As Aida maar net nog by ons was! Sy kan hul taal verstaan, maar ons is eerder dankbaar dat sy al klaar vrygelaat is. Dit word ’n oggend vol frustrasie, want ons vra vrae, maar niemand kan met ons praat en vertel wat aangaan nie. Later kom Paul, een van die senior rebelle, by die kamp aan. Hy kan Engels praat en Callie het hom letterlik in sy tent vasgekeer. Ek kon nie hoor wat hullepraat nie, maar ek het Callie se gesig so van die verte af dopgehou. Eers blydskap, dan ’n groot vraagteken. Ons verwag net slegte nuus toe hy later kopskuddend terugloop na ons hut toe. “Daar het ’n vliegtuig van Gadaffi in Manila aangekom vir ons vrylating. Hulle gaan ons Tripoli toe vat sodra ons vry...

Dag 118 - Ons wag op die man van die Noorde...

Image
Dit is nou dag 118. Ons is moedeloos verby. Elke keer as ons dink dit kan nie slegter gaan nie, gaan dit net nog slegter. Die afgelope paar dae is ons deur ongelooflike hoogtepunte en laagtepunte. Ons het nie meer ’n idee wat aangaan met die onderhandelings nie. Ons hoor verskriklike verwarrende nuus. Dit help nie ons gemoedstoestand nie. Ek wil nie meer dink aan vrylating nie. Ons het werklik nie meer antwoorde op ons vrae nie. En dit lyk of niemand daar buite antwoorde het op ons vrae nie. Vir weke lank sien ons nou al uit na die aankoms van dr. Azzarouk, die man wat ons hier sal kom uithaal. Ons opgewondendheid was na aanleiding van ’n brief van Dayanand Naidoo wat op Dag 76 by ons uitgekom het. Dit is weer een van sy baie lang briewe, maar hierdie keer ’n baie positiewe, opgewonde brief. Hy vertel ons van die Libiese onderhandelaars, dr. Azzarouq en Mohamed Ismael, wat nou volstoom toegetree het, en dat baie verwikkelinge plaasgevind het sedert sy vorige brief. Dan gee hy v...

The Kidnapping 23 April 2000

Image
On this day 20 years ago - my life took a drastic turn. Something happened which I did not plan. I did not expect. I was not prepared for. And in the end it changed my life forever. It was on the evening of the 23rd April 2000 when a group of armed men besieged the holiday resort I was at and loaded, in a matter of minutes, loaded 21 of us onto two wooden boats. As we sailed into the darkness and open ocean and I saw the light of Sipadan Island disappear,  I could not comprehend was happening. Even more - what was waiting for us. No one can prepare you to survive what we did. Having to face an unforgiving jungle with only the clothes on our bodies.  Our lives in the hands of a rebel group known for the beheading of hostages. Attacked by a military who worried more about "wiping them out"  rather than "getting them out".  And four months of the uncertainty of when death will strike or when freedom will arrive. A roller coaster of emoti...
Image
Vandag is nog iemand vrygelaat. Die eerste van ons Sonsondergang-groepie: Aida (Lucrecia Dablo). Haar vrylating gaan gepaard met ’n reusereënstorm wat oor die kamp uitsak. Die groep rebelle wat inkom om haar te kom haal, kry teëstand van Callie. Uit vrees dat hulle iets aan haar gaan doen, weier hy dat sy saamgaan. Sy protes help nie. Ons huil oor haar as hulle met haar by die kamp uitstap omdat ons nie weet of sy werklik vrygelaat gaan word nie. In die middag kom ’n rebel by die kamp in met die nuus dat Aida vrygelaat is. Ons wil hom glo. Ons wil glo dat sy veilig en gespaar van die wreedheid van dié mense is. Later kom daar ’n brief van die Franse joernalisgyselaars waarin hulle skryf dat Aida vandag vrygelaat gaan word. Nou kan ons jubel. Sy is uit! Ons vreugde word effens gedemp deur die vorige dag se koerant wat berig dat Filippynse onderhandelaars kommissie kry op die sogenaamde losprysgelden dat die enigste oplossing ’n militêre aanval is. Maar dit pla ons nie. Ons juig o...

Dag 115 - Nuus oor 'n vrylating

Image
Ons is baie opgewonde. Een van die rebelle wat Engels kan praat, bevestig nuusberigte dat ’n vliegtuig van Libië in Manila geland het om die gyselaars Tripoli toe te vat. Dit beteken die vrylating is naby. Hy sê ook dat die onderhandelaars vandag gaan terugkom om die finale reëlings te tref. Dit oggend raak net beter toe ’n rebel instap met ’n onverwagse brief vir Sonia. Dit kom van haar pa af en hy vertel dat ons die tweede maand vrygelaat sou word. Iets het voorgeval, maar dit is nie meer lank nie. Almal is vrolik en ’n gevoel van verwagting begin oorneem. Dan stap daar twee deftig aangetrekte Filippynse vroue by die kamp in. Hulle kom van die goewerneur van die eiland se kantoor af. Hulle kan Engels praat en bevestig dat die vrylatings naby is. In die afgelope maande wat ons hier is, het ons al soveel keer deur die opgewondenheid en dan die teleurstelling gegaan, maar vir die eerste keer lyk dit asof dit ’n werklikheid is. Binne oomblikke word al ons drome en...