Posts

Showing posts from April 9, 2020

Dag 25, 26 en 27 - Oor Vrees, Hoop, Vreugde en Valsheid

Image
DAG 25 – SEA VIEW LODGE PSALM 25:2 ... my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie. Ons moet weer oppak en trek. Die opdrag om te pak is nie vol vrees nie, so ons weet dit is nie omdat die weermag naby is nie. Callie dink dat ons dalk vrygelaat gaan word. Ons wil bly word, maar weet dat die teleurstelling groot gaan wees as dit nie gebeur nie. Dis ’n moeilike tog teen die steiltes van die berg af en my bene bewe so na ’n halfuur se stap dat Callie my ryssak (wat nie meer rys nie maar ons bietjie oerwoudbesittings bevat het) by my moet vat. Gelukkig is dit nie meer ver nie en na nog 30 minute stop ons by ’n huis wat in ’n oopte staan. Die oerwoud is nie so dig nie en ons kan die see sien! Werner noem dadelik die kamp “Sea View Lodge”. Ek wonder hoe lank ons nog hier gaan wees? DAG 26 – NUUS VAN DIE HUIS AF PSALM 26:1-3 L aat reg aan my geskied, Here, want ek is onskuldig. Ek het op die