Posts

Showing posts from April 10, 2020

Dag 28, 32 - Vlug!

Image
DAG 28 – VREES VIR NOG ’N AANVAL PSALM 28:1-3 Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos ‘n sterwende. Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel. Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses, die mense wat onreg doen nie. Hulle praat vriendelik met hulle bure, maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte. Ons word wakker van ’n geskarrel buite die hut. Die eerste ding wat ons sien, is dat die rebelle besig is om inderhaas op te pak. Is dit die weermag? Callie kom vertel dat hy ’n vloot aanvalsbote op die see sien. Renate begin onbedaard huil as sy die nuus hoor. Ons het ’n vrylating verwag – nie ’n aanval nie! Sonia gaan sit op ’n stoeptrap en begin huil. Terwyl die trane oor my wange begin loop, gryp ek ons enigste pen en skryf ’n desperate boodskap teen die muur: “Weermag, los ons uit en onderhandel. Julle stel ons lewens in gevaar.” Ro