Posts

Showing posts from April 5, 2020

Dag 6 - Die Suiderkruis

Image
PSALM 6:3, 4, 7 ,8 ,10 Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan ... Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane. My oƫ het dof geword van verdriet, verswak deur wat my teƫstanders my aandoen. ... die Here het geluister na my smeking, die Here het my gebed aangeneem. Reeds vroeg in die dag merk ons die onrustigheid van die rebelle op. Die leiers is weg en almal dwaal half onrustig en doelloos in die kamp rond. Ons voel ook die verwagting en praat nie veel nie. Teen skemer is die leiers nog nie terug nie. Vanaand bring die skemer egter geen rustigheid vir ons nie. Inteendeel, dit is asof die skemer die onrus wakker maak. Ons merk op dat daar nie vanaand so baie vure aangesteek word nie, dat die rebelle gedemp praat en dat niemand aanstaltes maak om rustig te raak nie. Verbeel ek my of is hulle heeltemal te woelig met hul rugsakke en gewere? Niemand praa

Dag 1 - Die ontvoering

Image
PSALM 1:6 Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. Callie se dagboek: Agttien manne, twee bote met M16’s, bazookas. Ons is verwilderd en yskoud  geskrik en weet nie wat aangaan nie. Ons verwag die ergste. (Nota: Die dagboek is eers begin skryf ongeveer 'n maand na die ontvoering toe 'n joernalis vir ons 'n notaboek gegee het).

Tydlyn 2

Image

Tydlyn 1

Image