Posts

Showing posts from April 14, 2020

Dag 69 AND 71- Chaos in die onderhandelings EN ons sien God in aksie in chaos

Image
DAG 69 - CHAOS IN DIE ONDERHANDELINGE Vandag word daar weer ’n koerant ingesmokkel na ons toe. Dit is ’n ou tannie van die dorpie wat dit waag om tot by die kamp te kom. Haar motivering – om die groot, swart reënstewels te kry die dag as ons vrygelaat word. Ons skud ons koppe vir die ou tannie wat haar lewe waag vir swart stewels. Ons is nou al dae afgesny van die buitewêreld. Geen pers meer nie, dus geen nuus meer nie. Die ou tannie is nou ons enigste hoop. Die koerantbring egter geen goeie nuus nie. Daar is ’n artikel wat handel oor die rebelle wat nie tevrede is met enige van die onderhandelaars nie en nou weer vra om die Libiese onderhandelaars te sien. Ek lees ook dat die “afkoelperiode” 30 dae is en deur die onderhandelaars geëis is omdat hulle ontevrede met die rebelle is. Ek is weereens platgeslaan. Dertig dae! Nog 30 dae in hierdie hel! Ek besef dat al my voorspellings en bespiegelings oor wat gaan gebeur, totaal verkeerd is. My hoop is verpletter. Ek gaan klim in