Posts

Showing posts from August 2, 2020

DAG 127 - VRYLATING! GOD IS GETROU!

Image
Iewers in die nag droom ek. Ek droom dat God met my praat. Dat God vir my sê ek gaan vrygelaat word. Dat ek teruggaan na my eie land, my eie mense toe en dat ek ander wat in nood is, moet gaan help. Ek maak Callie wakker nog voordat die eerste sonlig deur die oerwoud kan breek. Opgewonde vertel ek hom van my droom. Callie is verstom oor my transformasie van gister na vandag. Ek vat my laaste bladsy papier en gaan lê in my hangmat. Ek gebruik dit om vir my suster, Roni, ’n besigheidsplan vir die liefdadigheidsorganisasies wat ek gaan begin te skryf. Roni is ook my besigheidsvenoot. Ek vertel vir haar dat ons gaan begin met ’n liefdadigheidsorganisasie en verduidelik alles wat ons gaan doen aan haar. Teen 11:00 die oggend, klim ek tevrede uit my hangmat. “Ek kan nou maar vrygelaat word. Nou weet ek hoekom ek hier moes wees,” sê ek met ’n rustige hart vir Callie. Vier ure later is ek vry ... Dit gebeur so onverwags dat ons nie eens reageer toe ons die nuus kry nie. Ek is besig om skottelg