Posts

DAG 127 - VRYLATING! GOD IS GETROU!

Image
Iewers in die nag droom ek. Ek droom dat God met my praat. Dat God vir my sê ek gaan vrygelaat word. Dat ek teruggaan na my eie land, my eie mense toe en dat ek ander wat in nood is, moet gaan help. Ek maak Callie wakker nog voordat die eerste sonlig deur die oerwoud kan breek. Opgewonde vertel ek hom van my droom. Callie is verstom oor my transformasie van gister na vandag. Ek vat my laaste bladsy papier en gaan lê in my hangmat. Ek gebruik dit om vir my suster, Roni, ’n besigheidsplan vir die liefdadigheidsorganisasies wat ek gaan begin te skryf. Roni is ook my besigheidsvenoot. Ek vertel vir haar dat ons gaan begin met ’n liefdadigheidsorganisasie en verduidelik alles wat ons gaan doen aan haar. Teen 11:00 die oggend, klim ek tevrede uit my hangmat. “Ek kan nou maar vrygelaat word. Nou weet ek hoekom ek hier moes wees,” sê ek met ’n rustige hart vir Callie. Vier ure later is ek vry ... Dit gebeur so onverwags dat ons nie eens reageer toe ons die nuus kry nie. Ek is besig om skottelg

Dag 9 - In die poorte van die dood

Image
Ek raak bewus van die reuk nog voordat ek my oë oopmaak. ’n Siek, vrot reuk wat die hele hut vol hang. Dit is nog baie vroeg. Die ander gyselaars begin net-net beweeg. Ek stap by die hut uit, tot buite die stoep. Hier is die reuk baie sterker. Ek kyk om my rond en binne sekondes sien ek ’n paar dinge raak en my brein begin dit onmiddellik analiseer. Dit waarby ek uitkom, maak my skielik beangs. Ek sien dat die rebelle die seile waaronder hulle slaap van die bome afgehaal het. Ek sien ook hulle rugsakke is gepak. Ek sien hulle sit in klein groepies, gewere in die hand – paraat. Ek sien die leiers is weg. Dis egter die uitdrukkings op hul gesigte, die emosie in hul wyd gesperde oë wat my laat besef dat iets drasties verkeerd is. Hul oë is vol vrees! Ek besef skielik dit is wat ek ruik – die reuk van vrees. As mense bang is, begin hulle sweet, en dit is daardie sweetreuk wat in die lug hang. Die vrot sweetreuk van vrees wat in die oerwoud se dak vasgevang is. Ek besef hulle ver

Message - Be kind to yourself

Image

Dag 121 - Geen vrylating...

Image
Sonia kry ’n baie ontstellende brief van haar pa af. Almal het verwag dat die vroue Saterdag vrygelaat sou word. Almal het in Zamboanga gewag. Ons word egter meer ontstel deur die volgende nuus: ’n Engelssprekende rebel kom by die kamp ingehardloop met die nuus dat die Abu Sayyaf elf Taiwanese vissermanne gevang het. Die weermag het gewaarsku dat hulle die rebelle gaan aanval as die onderhandelings nie tot ’n punt kom nie. Ons glo dat hulle dit sal doen.  Hy sê ook dat die Libiërs dreig om uit die onderhandelings te onttrek. Ons weet nie wat aangaan nie, maar dinge lyk weer sleg vir ons.  Ek en Callie besluit om op ’n eetstaking te gaan. Ons het genoeg gehad.* PSALM 121:1-2 Ek kyk op na die berge: Waarvandaan sal my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. *Die Libiese onderhandelaars ontdek dat die vrylating gestop is deur ’n brief van Kommandeur Robot waarin hy sê dat hy die gyselaars aan Aventejado sal oorhandig, nie die

MESSAGE FROM MONIQUE - FIGHT FLIGHT OR FREEZE

Image

Dag 119 - Die opdrag

Image
Eergister het ons iets op die radio gehoor wat ons almal baie opgewonde gemaak het. Die probleem is dat dit in hulle taal was, so ons het nie alles verstaan nie, maar ons het wel ’n paar woorde gehoor wat belowend geklink het. “Sipadan-gyselaars. Kolonel Gadaffi. Manila. Tripoli,” alles in een sin. As Aida maar net nog by ons was! Sy kan hul taal verstaan, maar ons is eerder dankbaar dat sy al klaar vrygelaat is. Dit word ’n oggend vol frustrasie, want ons vra vrae, maar niemand kan met ons praat en vertel wat aangaan nie. Later kom Paul, een van die senior rebelle, by die kamp aan. Hy kan Engels praat en Callie het hom letterlik in sy tent vasgekeer. Ek kon nie hoor wat hullepraat nie, maar ek het Callie se gesig so van die verte af dopgehou. Eers blydskap, dan ’n groot vraagteken. Ons verwag net slegte nuus toe hy later kopskuddend terugloop na ons hut toe. “Daar het ’n vliegtuig van Gadaffi in Manila aangekom vir ons vrylating. Hulle gaan ons Tripoli toe vat sodra ons vry

Dag 118 - Ons wag op die man van die Noorde...

Image
Dit is nou dag 118. Ons is moedeloos verby. Elke keer as ons dink dit kan nie slegter gaan nie, gaan dit net nog slegter. Die afgelope paar dae is ons deur ongelooflike hoogtepunte en laagtepunte. Ons het nie meer ’n idee wat aangaan met die onderhandelings nie. Ons hoor verskriklike verwarrende nuus. Dit help nie ons gemoedstoestand nie. Ek wil nie meer dink aan vrylating nie. Ons het werklik nie meer antwoorde op ons vrae nie. En dit lyk of niemand daar buite antwoorde het op ons vrae nie. Vir weke lank sien ons nou al uit na die aankoms van dr. Azzarouk, die man wat ons hier sal kom uithaal. Ons opgewondendheid was na aanleiding van ’n brief van Dayanand Naidoo wat op Dag 76 by ons uitgekom het. Dit is weer een van sy baie lang briewe, maar hierdie keer ’n baie positiewe, opgewonde brief. Hy vertel ons van die Libiese onderhandelaars, dr. Azzarouq en Mohamed Ismael, wat nou volstoom toegetree het, en dat baie verwikkelinge plaasgevind het sedert sy vorige brief. Dan gee hy v