Posts

Showing posts from April 16, 2020

Dag 84 - Nuwe hoop!

Image
Gedurende die laaste twee dae gebeur daar baie wat ons geweldig hoopvol en opgewonde maak. Ons hoor dat die onderhandelaars naby die kamp met die rebelle-leiers vergader het. Eergister het ons ’n besoek van drie van die Maleisiese gyselaars gekry. Hulle het aan ons bevestig dat Zul (Zulkarnian Hashim) vrygelaat is. Gister se brief van ons taakspan is ongelooflik positief. Hulle vertel vir ons van die nagte wat hulle deurgewerk het om alles in plek te kry en dat dit net ’n kwessie van tyd is. Die eerste nuus vanoggend kom van Aida, die Filipynse gyselaar. Sy vertel ons dat nog ’n Maleisiër vrygelaat is en dat nog drie mense vrygelaat gaan word. Ons is almal vrolik. Ek skerts met Stèphane en sê ons gaan vrygelaat word as hy sy hart vir die Here gee! Ons besluit om ons goed reg te kry vir ingeval ons vrygelaat word. Ons kry weer briewe en my sussie Roni skryf van ’n vrou (wat blykbaar met die helm gebore is) wat vir haar gesê het ons vrylating sal vinnig kom en dat o