Posts

Showing posts from April 12, 2020

Dag 43 - Die vol maan

Image
Die son begin vandag sy kop uitsteek na die baie reën. Ons het darem gisteraand beter geslaap. Vandat die groot afdak vir die gyselaars gebou is, hoef ek en Callie nie meer die 2x2-meter platform met sy seiltjie bo-oor met Marie en Aida te deel nie nie. Dit is dus nie meer nodig om in ’n klein bondeltjie te slaap nie. Daar het gister ’n pakkie van die goewerneur van die eiland gekom, so vanaand kan ons darem sop vir aandete kry. Dit is ’n geweldige verbetering op die bord gebrande rys wat ons altyd moet deel. Ons eet almal saam op die “platformhuis”. Kort voor lank kom die rebellegroep se geestelike leier, Walid, ons ete versteur. (Ons vermoed hy kom van een van die midde-oosterse lande.) Hy beveel ons om in die een hoek van die houtplatform te gaan sit omdat hy blykbaar ’n seremonie vir die rebelle beplan. Ek sê vir Callie dat ek onrustig voel oor die situasie en dat ons liewers moet padgee. Voordat ons kan reageer, haal Walid egter sy megafoon uit en be