Posts

Showing posts from April 7, 2020

God se instrumente - Gebed

Image
PSALM 22:22, 25, 31, 32 U het my gebed verhoor! Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor. Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag. Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen. Dit is ons 22ste dag in die hande van die rebelle. Dit voel soos ’n ewigheid. Ons moeë, uitgeteerde lywe en amper lewelose oë wys die swaarkry van die afgelope drie weke. As enigiemand vir my gesê het hierdie situasie lê vir my voor, sou my reaksie gewees het: “Ek sal dit nooit oorleef nie.” En hier sit ek, die hande van my man en ’n vriendin styf vasgeklem in myne, terwyl ons hardop tot God bid. Uitroep na Hom. Om ons te help, om ons te red, om ons te spaar – om ons nie te vergeet en te verlaat nie. Die rebelle het nie ’n idee waarmee ons besig is nie. ’n Paar van h

DAG 18 – DIE SONSONDERGANG-GROEPIE

Image
PSALM 18:3, 47, 48 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Dit is God wat my die oorwinning gee ... Dit is ons tweede nag by “Mountain View Lodge” soos Werner die kamp noem. Ons bevind ons hoog in die berge. Ek weet nie waar enige van ons gister die krag gekry het vir die laaste tog van vier ure teen die berg uit nie. Dalk was dit die belofte van kos, water, rus en ’n veilige kamp met wegkruipgate in die grond wat vir ons die aansporing was. Toe ons uiteindelik daar kom, besef ons dat die rebelle weereens gelieg het. Daar is nie wegkruipplek nie nie, daar is nie kos nie, daar is nie water nie. Inteendeel, die enigste water wat ons kan kry, is om druppels water wat teen ’n rots in die paadjie afdrup, met ’n blaar te versamel. Tog voel ons vir die eerste keer in dae weer veilig. Daar is geen manier wat die weermag ons nou kan bekruip nie.