Posts

Showing posts from April 6, 2020

Vlug en aangeval (Dae 11, 13 en 14)

Image
DAG 11 - VLUG PSALM 11:1-2 Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos ’n voël! Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref.” Ons hardloop nou al twee dae lank om weg te kom van die weermag af. Ons is moeg, dors, honger en sonder hoop. Ons kan nie meer nie. Ons is mense sonder ’n wil, sonder ’n gees, sonder gevoel, sonder ’n voortuitsig. Ons kom by ’n klein riviertjie en kan vir die eerste keer in dae weer drink en bad. Dan moet ons weer hardloop, want die weermag is al weer naby. Teen skemer klim ons gly-gly teen ’n steil moddervoetpad, hoog teen ’n kop, uit. Daar word kamp opgeslaan teen die kop. Ons is vol modder. Dit begin reën. Ek en Callie word gedwing om op piesangblare onder Mujib se hangmat te gaan slaap. Dit is al hoe ons kan ontsnap van die reën. Opgekrul in mekaar se arms, weet ons egter waar ons skuiling werklik lê. DAG 13 – “B