Posts

Showing posts from April 8, 2020

Dag 23 - die tydskrif

Image
PSALM 23:1-6 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Ek kyk verstom na die artikel voor my. Dit kan nie waar wees nie! Wat is die kanse dat hierdie storie by my uitkom? Ek onthou nog ’n paar dae gelede toe ’n rebel ingekom het met ’n brief van die goewerneur van die eiland. Hy wou weet wat ons nodig het. Die lys is lank: kos, water, klere ... Ek vra ’n helikopter. Dit word nie neergeskryf nie, maar ek dink almal voel so. My finale versoek is boeke. Ek moes net