Posts

Showing posts from April 21, 2020

Dag 115 - Nuus oor 'n vrylating

Image
Ons is baie opgewonde. Een van die rebelle wat Engels kan praat, bevestig nuusberigte dat ’n vliegtuig van Libië in Manila geland het om die gyselaars Tripoli toe te vat. Dit beteken die vrylating is naby. Hy sê ook dat die onderhandelaars vandag gaan terugkom om die finale reëlings te tref. Dit oggend raak net beter toe ’n rebel instap met ’n onverwagse brief vir Sonia. Dit kom van haar pa af en hy vertel dat ons die tweede maand vrygelaat sou word. Iets het voorgeval, maar dit is nie meer lank nie. Almal is vrolik en ’n gevoel van verwagting begin oorneem. Dan stap daar twee deftig aangetrekte Filippynse vroue by die kamp in. Hulle kom van die goewerneur van die eiland se kantoor af. Hulle kan Engels praat en bevestig dat die vrylatings naby is. In die afgelope maande wat ons hier is, het ons al soveel keer deur die opgewondenheid en dan die teleurstelling gegaan, maar vir die eerste keer lyk dit asof dit ’n werklikheid is. Binne oomblikke word al ons drome en