Posts

Showing posts from April 15, 2020

Dag 73 - Nuus van die huis!

Image
Die dag begin op sy gewone slegte noot, met die gewone ingesmokkelde koerant. Die hoofnuus is dat die Jesus Miracle Crusaders se hoofleier en twaalf lede deur die Abu Sayyaf gevange geneem is toe hulle vir ons wou kom bid. Die artikel vertel ook dat hulle vir ’n uur by ons was en dat dit sleg gaan met ons! Ons skud ons koppe in ongeloof. Niemand was by ons nie en dit is die eerste nuus wat ons kry van die groep wat gevang is. Ek kan net dink wat die nuus aan ons families gaan doen en raak sommer kwaad vir die pers wat alles so verdraai net om ’n storie te kry. Maar ons is dankbaar vir die evangeliste wat die rede is vir die Bybel wat ons gekry het! Later in die dag is daar groot opgewondenheid as die twee leiers, Mujib en Robot, by die kamp aankom. Vir die eerste keer in weke het hulle vir ons pakkies en briewe van die huis af. Ons staan verstom as hulle ons pakkie oorhandig. Dit is reusagtig groot, toegedraai in rooi papier met ’n wit blaartjiemotief daarop. (NĂ¡ on