Dag 91 - Psalm 91 Dreigende onthoofding en isolasie

Nog ’n koerant word na ons toe ingesmokkel. Die nuus is nie goed nie. Daar is verskeie berigte oor die gyselaarsituasie. Ons hoor dat die laaste Maleisiërs nooit vrygelaat is nie. Tydens hul vrylating het hulle in die hande van ’n ander rebelleleier beland wat nou nuwe eise begin stel het. Dit is geweldige slegte nuus vir ons omdat ons vermoed het dat ons vrylating ná hul vrylating sal volg. Verder is dit ’n dag van konflik tussen die rebelle-leiers oor die Jesus Miracle Crusaders. Een van die leiers wou summier van die sendelinge onthoof om te wys dat die rebelle ernstig is. Gelukkig is die situasie op die laaste oomblik ontlont. Ons lees in die koerant oor die konflik tussen die hoofonderhandelaar, Robert Aventjado, en die Libiese onderhandelaars. Die rebelle vertel vir ons hoe Robert Aventjado die lughawe op die eiland gesluit het en alle bote na die eiland verbied het. Hy het dit gedoen toe hy hoor dat van die gyselaars vrygelaat gaan word en hy nie by...