Vandag is nog iemand vrygelaat. Die eerste van ons Sonsondergang-groepie: Aida (Lucrecia Dablo). Haar vrylating gaan gepaard met ’n reusereënstorm wat oor die kamp uitsak. Die groep rebelle wat inkom om haar te kom haal, kry teëstand van Callie. Uit vrees dat hulle iets aan haar gaan doen, weier hy dat sy saamgaan. Sy protes help nie. Ons huil oor haar as hulle met haar by die kamp uitstap omdat ons nie weet of sy werklik vrygelaat gaan word nie.

In die middag kom ’n rebel by die kamp in met die nuus dat Aida vrygelaat is. Ons wil hom glo. Ons wil glo dat sy veilig en gespaar van die wreedheid van dié mense is. Later kom daar ’n brief van die Franse joernalisgyselaars waarin hulle skryf dat Aida vandag vrygelaat gaan word. Nou kan ons jubel. Sy is uit!

Ons vreugde word effens gedemp deur die vorige dag se koerant wat berig dat Filippynse onderhandelaars kommissie kry op die sogenaamde losprysgelden dat die enigste oplossing ’n militêre aanval is. Maar dit pla ons nie. Ons juig oor ons God wat so getrou is!

DAG 117 – PRYS DIE HEER!
PSALM 117:1-2
Prys die Here, alle nasies,
loof Hom, alle volke,
want sy liefde vir ons is sterk,
aan die trou van die Here is daar geen einde nie!
Prys die Here!

Comments

Popular posts from this blog

Dag 119 - Die opdrag

Dag 28, 32 - Vlug!