Posts

Showing posts from April 13, 2020

DAG 49 - Afkoeltyd...

Image
Dis ’n bitter slegte dag vir ons. Dinge het al gister begin verkeerd loop toe die rebelle wild om die kamp begin skiet het. Ons voel die spanning aan, en soos gewoonlik is ons die laaste om te weet wat aangaan. Vroegmôre word ons wakker gemaak met die opdrag om te pak en reg te wees om te beweeg. Dit is nie goeie nuus nie. Dit beteken die weermag is naby en die onderhandelings is gestop. Nog groter die skok toe ons sien dat die groep Maleisiese gyselaars in ’n ander rigting ingeboender word. Ons kry nie eens kans om te vra wat aangaan of om hulle te groet nie. Nou is ons laaste kans van kommunikasie met die rebelle daarmee heen. Robot kom by die kamp aan en beveel dat al die gyselaars behalwe ek en Callie op die trok gelaai moet word. Ons kyk met groot oë na mekaar. Is dit nou ons tyd? Gaan hulle van ons ’n voorbeeld maak omdat hulle weet ons is Christene? Alhoewel ek nie die dood vrees nie, is die gedagte dat ons tyd naby is nogal angswekkend. Ek gaan sit plat op die g