Posts

Showing posts from April 26, 2020

Dag 119 - Die opdrag

Image
Eergister het ons iets op die radio gehoor wat ons almal baie opgewonde gemaak het. Die probleem is dat dit in hulle taal was, so ons het nie alles verstaan nie, maar ons het wel ’n paar woorde gehoor wat belowend geklink het. “Sipadan-gyselaars. Kolonel Gadaffi. Manila. Tripoli,” alles in een sin. As Aida maar net nog by ons was! Sy kan hul taal verstaan, maar ons is eerder dankbaar dat sy al klaar vrygelaat is. Dit word ’n oggend vol frustrasie, want ons vra vrae, maar niemand kan met ons praat en vertel wat aangaan nie. Later kom Paul, een van die senior rebelle, by die kamp aan. Hy kan Engels praat en Callie het hom letterlik in sy tent vasgekeer. Ek kon nie hoor wat hullepraat nie, maar ek het Callie se gesig so van die verte af dopgehou. Eers blydskap, dan ’n groot vraagteken. Ons verwag net slegte nuus toe hy later kopskuddend terugloop na ons hut toe. “Daar het ’n vliegtuig van Gadaffi in Manila aangekom vir ons vrylating. Hulle gaan ons Tripoli toe vat sodra ons vry