Posts

Dag 23 - die tydskrif

Image
PSALM 23:1-6 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Ek kyk verstom na die artikel voor my. Dit kan nie waar wees nie! Wat is die kanse dat hierdie storie by my uitkom? Ek onthou nog ’n paar dae gelede toe ’n rebel ingekom het met ’n brief van die goewerneur van die eiland. Hy wou weet wat ons nodig het. Die lys is lank: kos, water, klere ... Ek vra ’n helikopter. Dit word nie neergeskryf nie, maar ek dink almal voel so. My finale versoek is boeke. Ek moes net ...

God se instrumente - Gebed

Image
PSALM 22:22, 25, 31, 32 U het my gebed verhoor! Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor. Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag. Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen. Dit is ons 22ste dag in die hande van die rebelle. Dit voel soos ’n ewigheid. Ons moeë, uitgeteerde lywe en amper lewelose oë wys die swaarkry van die afgelope drie weke. As enigiemand vir my gesê het hierdie situasie lê vir my voor, sou my reaksie gewees het: “Ek sal dit nooit oorleef nie.” En hier sit ek, die hande van my man en ’n vriendin styf vasgeklem in myne, terwyl ons hardop tot God bid. Uitroep na Hom. Om ons te help, om ons te red, om ons te spaar – om ons nie te vergeet en te verlaat nie. Die rebelle het nie ’n idee waarmee ons besig is nie. ’n Paar van h...

DAG 18 – DIE SONSONDERGANG-GROEPIE

Image
PSALM 18:3, 47, 48 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Dit is God wat my die oorwinning gee ... Dit is ons tweede nag by “Mountain View Lodge” soos Werner die kamp noem. Ons bevind ons hoog in die berge. Ek weet nie waar enige van ons gister die krag gekry het vir die laaste tog van vier ure teen die berg uit nie. Dalk was dit die belofte van kos, water, rus en ’n veilige kamp met wegkruipgate in die grond wat vir ons die aansporing was. Toe ons uiteindelik daar kom, besef ons dat die rebelle weereens gelieg het. Daar is nie wegkruipplek nie nie, daar is nie kos nie, daar is nie water nie. Inteendeel, die enigste water wat ons kan kry, is om druppels water wat teen ’n rots in die paadjie afdrup, met ’n blaar te versamel. Tog voel ons vir die eerste keer in dae weer veilig. Daar is geen manier wat die weermag ons nou kan bekruip nie. ...

Vlug en aangeval (Dae 11, 13 en 14)

Image
DAG 11 - VLUG PSALM 11:1-2 Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos ’n voël! Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref.” Ons hardloop nou al twee dae lank om weg te kom van die weermag af. Ons is moeg, dors, honger en sonder hoop. Ons kan nie meer nie. Ons is mense sonder ’n wil, sonder ’n gees, sonder gevoel, sonder ’n voortuitsig. Ons kom by ’n klein riviertjie en kan vir die eerste keer in dae weer drink en bad. Dan moet ons weer hardloop, want die weermag is al weer naby. Teen skemer klim ons gly-gly teen ’n steil moddervoetpad, hoog teen ’n kop, uit. Daar word kamp opgeslaan teen die kop. Ons is vol modder. Dit begin reën. Ek en Callie word gedwing om op piesangblare onder Mujib se hangmat te gaan slaap. Dit is al hoe ons kan ontsnap van die reën. Opgekrul in mekaar se arms, weet ons egter waar ons skuiling werklik lê. DAG 13 – “B...

Dag 6 - Die Suiderkruis

Image
PSALM 6:3, 4, 7 ,8 ,10 Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan ... Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane. My oë het dof geword van verdriet, verswak deur wat my teëstanders my aandoen. ... die Here het geluister na my smeking, die Here het my gebed aangeneem. Reeds vroeg in die dag merk ons die onrustigheid van die rebelle op. Die leiers is weg en almal dwaal half onrustig en doelloos in die kamp rond. Ons voel ook die verwagting en praat nie veel nie. Teen skemer is die leiers nog nie terug nie. Vanaand bring die skemer egter geen rustigheid vir ons nie. Inteendeel, dit is asof die skemer die onrus wakker maak. Ons merk op dat daar nie vanaand so baie vure aangesteek word nie, dat die rebelle gedemp praat en dat niemand aanstaltes maak om rustig te raak nie. Verbeel ek my of is hulle heeltemal te woelig met hul rugsakke en gewere? Niemand praa...

Dag 1 - Die ontvoering

Image
PSALM 1:6 Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. Callie se dagboek: Agttien manne, twee bote met M16’s, bazookas. Ons is verwilderd en yskoud  geskrik en weet nie wat aangaan nie. Ons verwag die ergste. (Nota: Die dagboek is eers begin skryf ongeveer 'n maand na die ontvoering toe 'n joernalis vir ons 'n notaboek gegee het).

Tydlyn 2

Image