Dag 41 - Die slegte nuus

















PSALM 41:5, 7, 41
Ek het gesê: “Wees my genadig, Here! Maak my tog gesond...”
As iemand na my kom kyk, dink hy dit is klaar met my.
Hy kom kyk hoe sleg dit gaan en gaan vertel dit buite rond.
Wees U my genadig, Here, en laat my hier opstaan...

Ons is nou al langer as ’n week in die nuwe kamp. Die feit dat hulle so arrogant was om ons helder oordag in munisipale trokke hierheen te vervoer, het maar net weer aan ons bevestig dat almal hier saamwerk en dat ons geen kans het om te ontsnap nie. Ek voel depressief en ellendig vanoggend.

Saam met my dra ek ’n ander las. Die vrees dat ek dalk swanger is. Sedert ons gevange geneem is, het ek nog geen maandstonde gehad nie.

Weereens word ons versteur deur ’n groep buitelandse mediamense. Hul gesigte is somber en niemand wil ons antwoord as ons vra wat met die onderhandeling aangaan nie. Ek het genoeg gehad en keer ’n Amerikaanse joernalis, David, voor. Ek maak dit baie duidelik dat hy vir my moet sê hoe lank hulle dink ons nog daar gaan wees.

Sy antwoord laat my bravade en aggressie induie stort: “Maande. Drie tot ses maande.” Nee, Here God! Dit is nie wat ek wilhoor nie. Ek bars in trane uit. Marie gooi haar arms om my en druk haar teen my vas – terwyl die kameras rol en die fotograwe vinnig spartel om tog net nie die dramatiese foto te mis nie. Dit is ’n donker, somber dag en ek sukkel om enige sin in die lewe te vind.

Comments

Popular posts from this blog

Dag 119 - Die opdrag

Dag 28, 32 - Vlug!