Dag 102 - Die ergste straf...




















Vandag is iemand in ons groep verkrag. Ons vind uit dit is nie die eerste vrou óf die eerste keer nie. Die skok is so geweldig dat ons nie weet hoe om dit te hanteer nie. Ons word oorweldig deur emosies van skuldgevoel oor ons magteloosheid om nie te kon optree nie, ons vrees vir wie volgende is, ons onvermoë om te kan verstaan en ons hartseer vir die pyn wat vir ewig daar gaan wees.

Ons besluit dat ons nooit hieroor gaan praat nie en elkeen verdwyn in sy eie gat van depressie, op soek na ’n manier om hierdie aaklige gebeurtenis te hanteer. Ek doen die ongehoorde. Ek besluit om hulle aan te vat daar waar dit hulle hopelik sal laat dink – hulle geloof. Ek gryp inderhaas na die Engelse Koran wat op een of ander manier by ons kamp uitgekom het. Ek soek na antwoorde vir dinge wat nie sin maak nie, maar ek kan hulle nie kry nie.


PSALM 102:2, 4-7
Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp!
My liggaam brand soos vuur,
ek is verskroei en uitgedroog soos gras,
ek het alle eetlus verloor.
Ek het net vel en been geword van al die pyn.
Ek voel so verlate ...

Comments

Popular posts from this blog

Dag 119 - Die opdrag

Dag 28, 32 - Vlug!