'n Kort boodskap - Monique Strydom



In April 2000 verander my lewe dramaties. Tydens 'n skuba duikvakansie in die Verre Ooste word ek een van 21 gyselaars wat ontvoer word deur 'n terroriste groep. Ons arriveer met die klere aan ons lyf en oorleef 4 maande in die onvergeeflike oerwoude van Jolo eiland.

Ten spyte van al die sleg elke dag - gebeur daar elke dag ook wonderwerke en ek word op 'n onvergeetlike reis saam met 'n lewende GOD meegesleur. Ek sien my Lewende ABBA VADER in aksie. Ek ervaar SY liefde en genade in 'n tyd wat ek plat op die grond is.

Baie jare later skryf luister ek na die opdrag om 'n boek te skryf oor die wonderwerke wat ek daar in die oerwoud ervaar het. Dit vat 8 jaar lank maar uiteindelik sien VRYGEKOOP die lig. En bring dit lig vir elke seksueel mishandelde kind vir wie die verkope van elke boek 'n noodpakkie gee. (www.matlaabana.co.za). 

Na die skryf van VRYGEKOOP ervaar ek die vyand se aanslag op my lewe en my roeping nog meer intens as die tye in die oerwoud.  Die persoonlike hartseer van 'n egskeiding. Die daaglikse uitdagings om Koningskryk werk aan die gang te hou. En vele meer maar ten spyte van dit alles - bly my getuienis nog dieselfde - GOD IS GROOT EN GETROU!

Vandag - die 3de April - bevind ons as Suid Afrikaners en die hele wereld - ons in 'n plek wat ons nie ken nie. Ons weet nie wat om te verwag nie en hoe ons lewens gaan lyk as dit alles verby is nie.

Mense bel my en ons lag saam oor die "lockdown," want hulle glo ek ken mos van die ding na my ervaring in die oerwoud.

Ek het eintlik regtig ook nie antwoorde op al die vrae wat mense het nie.

Maar wat ek wel van kan getuig is dat ons 'n LEWENDE GOD dien en dat HY in beheer is.

Daarom wil ek graag 'n paar uittreksels uit my boek VRYGEKOOP deel - sodat ons almal weet dat daar hoop is en dat ons moet bewus raak van die wonderwerke wat elke dag om ons gebeur.

More verjaar my aardse pappa en met die liefde van ons Hemelse Pappa - deel ek graag elk dag 'n stukkie uit my lewe en getuienis soos beskryg in VRYGEKOOP!

Mag ons nooit hoop verloor nie en altyd die wonderwerke raaksien!


Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

Dag 119 - Die opdrag

Dag 28, 32 - Vlug!